Bosveld SportSport

Vliegklub lede wys vernuf by Afrikabeker

Drie lede van die Potties Vliegklub het verlede week hul vernuf ingespan tydens die Afrikabekerkampioenskap vir mikroligte vliegtuie op Hazyview in Mpumalanga.

MOKOPANE – Drie lede van die Potties Vliegklub het verlede week hul vernuf ingespan tydens die Afrikabekerkampioenskap vir mikroligte vliegtuie op Hazyview in Mpumalanga.

Nico Willemse, Martin van Tonder en Willie van der Merwe het op uitnodiging met hul mikroligte vliegtuie deelgeneem aan die gewilde Afrikabeker waar van die land se top mikroligtevlieëniers hul staal in die verskeie afdelings kom wys het.

Willemse het die afdeling waar die vlieëniers in die gemerkte kol moes land, gewen. Willemse, Van Tonder en Van der Merwe het ook onder die eerstes geeïndig in die afdelings vir navigasievlugte, uithou en brandstofverbruik, die ‘ribbon cut” en meelbomgooi.

Nog ‘n pluimpie vir die klub is die gesogte geestrofee wat die klublede en ondersteuners ingepalm het.

Lees meer in Bosveld Review

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button