Die eersterugbyspan van die Hoërskool Piet Potgieter het verlede Woensdag hul afsluiting om die braaivleisvuur saam met hulle borge, afrigters en ouers gehou.
Elke afrigter het 'n trui wat geblok en geraam is ontvang met foto's van die vier groot wedstryde wat gespeel is deur die seisoen.Driekus Kleynhans, kaptein van die eerstespan, is hier saam met die drie afrigters, Alwyn Olivier, Andries Botha en Douw Oosthuizen. Langs hulle is De Wet Kruger, spanbestuurder van die eerstespan en Jan Dirk van Eck onderkaptein van die eerstespan.
MOKOPANE – Die eersterugbyspan van die Hoërskool Piet Potgieter het verlede Woensdag hul afsluiting om die braaivleisvuur saam met hulle borge, afrigters en ouers gehou.
Walkie Kruger, beheerliggaamlid van sport, het die skoolhoof, Jas Hansen en rugbyvoorsitter, CP van der Walt, geloof vir hulle bydrae tot die skool se rugby.
Die borge, MGM Landrover, Louis Cangueiro van Tony’s Cash & Carry, Gerda Roos Hawken (fisioterapeut) en NTK Potgietersrus se Manie Wessels is bedank vir hulle lojale ondersteuning.
De Wet Kruger, spanbestuurder van die eerstespan, het elke speler afsonderlik geprys vir deursettingsvermoë en goeie spel.
Hy het ook Bosveld met ‘n bos blomme bedank.
Louis Cangueiro van Tony’s Cash & Carry, het gesorg dat die span voor wedstryde en met amptelike geleenthede uitgevat was in die regte netjiese spandrag. Hier ontvang hy vir sy lojale ondersteuning ‘n beblokte en geraamde hemp van die span as aandenking. Saam met hom is Jan Dirk van Eck (onderkaptein), De Wet Kruger (eerstespanbestuurder) en Driekus Kleynhans (kaptein).
Die eersterubyspan het vir Bennie Oosthuizen en Allewyn Benade van MGM Landrover wat vanjaar ‘n hoofborg van die span was, hartlik bedank. Hier oorhandig Driekus Kleynhans (kaptein) en Jan Dirk van Eck (onderkaptein) ‘n geraamde trui as blyk van waardering aan hulle.