Piet Pot se swemmers is 8x interhoërswemkampioene
Hoërskool Piet Potgieter se swemspan was verlede Dinsdag in Bela-Bela tydens die interhoër-swem,as die interhoërswemkampioene aangekondig.
MOKOPANE – Die gesogte interhoërswembeker pronk vir die agtste agtereenvolgende jaar in Hoërskool Piet Potgieter se trofeëkas nadat die skool se swemspan verlede Dinsdag in Bela-Bela tydens die interhoër-swem, in die water koning gekraai het.
Resultate:
Anria Kruger (gr. 9) word aangewys as die junior Victrix Ludorum
Miral Honiball (gr.12) is die senior Victrix Ludorum wat ook spog met die trofee vir die hoogste FINA punte.
Die o/15 en o/16 seunsaflosspanne het nuwe rekords in die vryslag en individuele wisselslag los geswem en HPP palm die trofee vir die beste seunsaflosspan in.
Die skool bedank Walkie Kruger vir die borg van hul swempette en in besonder vir Awie Hattingh vir sy afrigting.
Lees meer in Bosveld Review









