Potgietersrus DLU Gholfdag: hope pret en heerlike kos
Die Potgietersrus DLU Gholfdag het verlede Donderdag op die Kameeldoring-gholfbane gesorg vir tawwe kompetisie, hope aksie en heerlike kos.
MOKOPANE – Die Potgietersrus DLU Gholfdag het verlede Donderdag op die Kameeldoring-gholfbane gesorg vir tawwe kompetisie, hope aksie en heerlike kos danksy Tommy Dickson, beter bekend as Vaatjie die sjef op die gewilde TV program Toks en Tjops, en sy span se bemanning van die halfweghuis.
Die Garrun Boere-makelaarspan bestaande uit De Wet Kruger, Pottie Potgieter, Ruan Bester en Dirk Muller het met 107 punte koning gekraai met die Micromatica span wat uit Derick Jordaan, Francois Duvenhage, Janadré Jordaan en Janet Duvenhage bestaan het in die tweede plek met 104 punte.
Dennis Kemp, Henkie van der Walt, Fanie Kemp en Jackie van Wyk het die gedugte Thomas Labuschagne span gevorm en ‘n derde plek met 103 punte opgeraap.
Debbie Bruwer, Peet le Grange, Riaan van Heerden en Hendrik de Swardt slaan elkeen ‘n prys los vir naaste aan die pen en die Unichoice span palm die prys vir die meeste gholf in.






