Bosveld SportSport

Nóg ‘n wedloop lag-lag voltooi

Die fikse lede van die Potties Atletiekklub spog met nóg 'n wedloop op hulle drafkerfstok nadat hulle Saterdag aan die Nguni Grill wedloop in Polokwane deelgeneem het.

MOKOPANE – Die fikse lede van die Potties Atletiekklub spog met nóg ‘n wedloop op hulle drafkerfstok nadat hulle Saterdag aan die Nguni Grill wedloop in Polokwane deelgeneem het.

Die lede het hul vernuf in die onderskeie afdelings van 5 km, 10 km en 21 km gewys en talle medaljes ingeryg.

Pontsho Ngobeni, Hoërskool Piet Potgieter se beste seunslandloper van die jaar, het ‘n eerste plek in die 21 km juniorafdeling opgeraap met ‘n tyd van 1:14 min en ‘n gesogte algehele tweede plek los gedraf.

Die 73-jarige PC Botha het stof in van die jonges se oë in die 10 km binne 1:02 min gedraf.

Gustav van der Merwe het die 10 km binne 1:31 min plat gestap met Delphina Molokomme kort op sy hakke met ‘n tyd van 1:38 min.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button