Bosveld SportSport

Krugies wenners van Top Tien Gala

Die swemmers van Laerskool Krugerpark het teen agt ander skole in die Top Tien Gala kompeteer.

MOKOPANE – Die swemmers van Laerskool Krugerpark het verlede Vrydag in Tzaneen gedurende die Top Tien Gala vir die tweede agtereenvolgende jaar tussen agt ander skole as wenners uit die stryd getree.

Die gala het gesorg vir tawwe kompetisie, maar die Krugies het met 35 punte geseëvier, talle medaljes ingeryg, rekords verbeter en die meisiespan het ‘n eerste plek los geswem.

Die skool bedank Awie Hattingh vir sy puik afrigting.

“Ek is baie trots op elkeen van hierdie swemmers wie soos visse deur die water geklief het om te verseker dat die trofeë huis toe kom,” sê skoolhoof Johan Vertongen.

Die trotse swemkapteine Erna Kruger en Franco Botha spog met die trofeë as die algehele wenners en die beste meisiespan van die Top Tien Gala.
Die trotse swemkapteine Erna Kruger en Franco Botha spog met die trofeë as die algehele wenners en die beste meisiespan van die Top Tien Gala.
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button