Sowat 208 gholfspelers swaai stokke vir Bushveld Classic gholfdag
Die Bushveld Classic gholfdag is verlede Saterdag by die Kameeldoring Gholfklub gehou. Resultate op die dag:
MOKOPANE – Die Bushveld Classic gholfdag is verlede Saterdag by die Kameeldoring Gholfklub gehou.
Sowat 208 van Ango Platinum Myn se genooide gholfspelers het vroegdag afgeslaan.
Resultate op die dag:
Eerste plek – Anton Dreyer, Fred Beytel, Riaan Foord en Frans Fourie.
Tweede plek – Henry Hurne, Herman Eksteen, Martin Otto en Gary Roux.
Derde plek – Grant Magano, Dia Monama, Lukas Maposa en Leka Monama.
Naaste aan die pen:
Putjie drie – Jackie van Wyk.
Putjie ses – Morné Etchell.
Putjie agt – Jeffrey Mulabusana.
Putjie 17 – Johan Scheepers.
Tanessa Herman was die beste vrouegholfspeler van die dag.
Fondse wat ingesamel is sal aan verskeie liefdadigheidsorganisasies geskenk word.





