Bosveld SportSport

Heinrich, vurige waterspoedvraat

Heinrich Strydom van Tuks Mokopane Swemklub is 'n swemmer van formaat, wat van 10 tot 16 April tydens die Suid-Afrikaanse Nasionale Swemkampioenskappe in Durban uitgeblink het.

MOKOPANE -Heinrich ‘n gr. 10-leerder van Hoërskool Piet Potgieter is die enigste swemmer uit Mokopane wat gekwalifiseer het om aan die gesogte byeenkoms mee te ding en saam met sewe ander swemmers het hy Limpopo trots verteenwoordig.

Die S.A. Nasionale Swemkampioenskappe lok nie net top swemmers van regoor die land nie, maar swemmers jaag teen die klok in ‘n poging om ‘n Olimpiese kwalifiserende tyd te behaal.

Heinrich het teen meer as 50 van die land se beste swemmers, van 14-jarige tot 28-jarige ouderdom, sy staal in die water van die Kings Park Aquatic Centre, in die 200 m -, 100 m, en 50 m rugslag asook in die 400 m vryslag gewys en spogtye verwerf.

Sy ouers, Neels en Louise sê: “Ons is baie trots op hom en glo daar lê vir hom ‘n blink toekoms voor.”

Heinrich bedank sy afrigter, Awie Hattingh en Louise Blignaut vir die borg van die Limpopospan se arena sakke.

Hy bedank ook in besonder vir Hattingh vir sy tyd, raad en ondersteuning.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button