Bosveld SportSport

Potties boer agter doellyn

Dit was drieë uit die boonste rakke vir Potties Rugbyklub se eerstespan wat verlede Saterdag op hul tuisveld vir Pietersburg Rugbyklub behoorlik ore aangesit het.

MOKOPANE – Die eerstespan het met 61-0 gewen nadat die wedstryd weens beserings kortgeknip moes word. Potties se tweedespan het na ‘n harde stryd met 17-12 geseëvier.

Hoewel Potties se eerstespan heeltyd agter Pietersburg se doellyn was, het die span in die eerste 15 minute van die wedstryd gesukkel om deur die verdediging te breek. Nadat die eerste drie gedruk is, het Potties die oorhand gekry en nóg agt drieë het gevolg.

Drieë is gedruk deur Wickus Visser, Deon Klein, Willem Dreyer, Casio de Sousa, Jan Vorsterm Hans du Plessis, Wickus Pretorius en Klaas Galane wat twee keer oorgeduik het. Anthony Hawken het agt van die nege drieë verdoel. Die voorspeler van die wedstryd was Willem Dreyer en die algehele beste speler was Klaas Galane.

Potties se tweedespan het verbete gespeel tot die eindfluitjie geblaas het. Ruan Potgieter het twee drieë gedruk en is ook aangewys as die Speler van die Wedstryd. Hennie de Vos het ook oorgeduik en is aangewys as die Voorspeler van die Wedstryd. Donald Monene het met een doelskop geslaag.

Potties is steeds onoorwonne in die Boet Fickliga. Die spanne speel die naweek teen Loskop op Groblersdal.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button