Bosveld SportSport

Atlete wys hul staal tydens Centurion en plaaslike wedlope

Die lede van die Potties-Atletiekklub het die bekende Polokwane Mayoral Race 4-in-1 oor die langnaweek aangepak.

MOKOPANE – Van die lede het Saterdag douvoordag by die Peter Mokaba Stadion in Polokwane aangetree om hul staal te toets. Hierdie wedloop staan bekend as die beste ondersteunde wedloop in Limpopo en vanjaar het die gewilde 4-in-1 wedloop ook oor ‘n 42, 2 km marathon beskik.

Sarie Coetzee het ‘n derde plek in die 21, 1 km meesterafdeling opgeraap, Daleen van Zyl het koning gekraai in die 10 km stap en Gavin van den Bergh het ‘n vierde plek in die 21, 1 km behaal.

Op Werkersdag (Maandag) het van die lede wéér die klub tydens die Wally Hayward Marathon in Centurion in onderskeidelik die 10 km, 21,1 km en 42,2 km verteenwoordig en spogtye behaal.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button