Bosveld SportSport

Ondersteun HPP vs Frikkies die naweek

Douw Oosthuizen, afrigter van die eersterugbyspan, is opgewonde oor Saterdag se wedstryd teen Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi.

MOKOPANE –  “Die span is nou op dreef en het ‘n 50/50 kans om te seëvier, ‘n Mens kan nie regtig vooraf voorspel wat gaan gebeur nie. Die Frikkies is bekend vir hulle goeie spanne en speel eintlik in die liga vir groot skole. Ek is egter vol vertroue dat ons spelers die mas sal opkom en dit is belangrik dat hulle alle kanse benut. Daar lê vorentoe twee groot ligawedstryde vir HPP voor.”

Oosthuizen het verder gewys op die jonger rugbyspanne wat opwindende rugby speel en met goeie spel vir wegholoorwinnings sorg. Piet Pot se hokkiespanne is ook die skool se vlagskip en speel kookwaterhokkie met die seunstennisspelers wat die balle met mening moker.

Die kragmeting teen die Frikkies begin om 08:00 op HPP se veld en die gemeenskap word gevra om die spelers te kom ondersteun.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button