Bosveld SportSport

Rekordrit vir jong ruiter

In haar groen en goud het Ralien de Beer van Hoërskool Piet Potgieter onlangs by die South African International Challenge (SAIC) op Fauresmith gewys waarom sy die land se beste jong ruiter is.

MOKOPANE – Nie net het Ralien (17) eerste oor die wenstreep galop in die 160 km en 120 km uithouritte nie, maar ook ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord opgestel.

Ralien was die jongste ruiter wat beide die 160 en 120 km rit voltooi het en daarby as kaptein van die SA Jongruiterspan. Sy het op 28 April in die jong ruitersafdeling op die rug van Mekadesh Jidddan saam 45 ander ruiters weggespring in die 160 km rit en was eerste oor die wenstreep. Net 18 ruiters het die rit voltooi.

Twee dae later was sy op die rug van haar gunsteling vos, Arkab Talafat, in die 120 km rit wat sy ook gewen het. Haar tyd van vyf uur en agt minute is ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord en die vinnigste 120 km wat nog ooit in die land gery is. Die 120 km rit was ‘n spankompetisie waar sy die SA-span aangevoer het teen die spanne van Namibië, Botswana en ander provinsies.

Sy het ook die bes voorbereide toekenning vir jong ruiters verower, sowel as die Best of the Best-toekenning uit al die afdelings.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button