Bosveld SportSport

Potties rugby kook!

Dit is die eerste keer sedert 2003 wat Potties Rugbyklub se eerstespan met Goldwagen Noordelikes van Polokwane afgereken het, sê 'n trotse Frans Fourie, President van Potties Rugbyklub.

MOKOPANE – Na ‘n harde stryd het Potties se eerstespan voor hulle tuisskare met 27-17 teen Noordelikes geseëvier en is hulle steeds onoorwonne in die eerste rondte van die Boet Fick Seniorliga. Noordelikes was vir sewe jaar die verdedigende kampioen.

Die twee spanne het verlede Saterdag op Hoërskool Piet Potgieter se veld swaarde gekruis. Renier Labuschagne, uitblinkhaker van Potties, sê die span was in die eerste helfde gemaklik voor met 19-7. In die tweede helfde moes Potties egter hard werk om die voorsprong te behou. Met die telling 19-17 was dit naelbytaksie totdat die senter, Hans du Plessis, agter die doellyn gaan druk het om die knoop vir Potties deur te haak.

Die puntemakers was Du Plessis, Wikus Pretorius, Klaas Galane en Phil Herselman. Antony Hawkens het met drie doelskoppe en ‘n strafskop geslaag Klaas Galane is as speler van die wedstryd aangewys met Nico Els as voorspeler van die wedstryd.

Die tweede span het ongelukkig die knie gebuig nadat hulle halftyd gelykop met 7 elk was. Die eindtelling was 35-7 in Noordelikes se guns. Die speler van die wedstryd was Lean Lensley met Le-Roux Bezuidenhout as voorspeler van die wedstryd.

Potties se bestuur is dankbaar teenoor elke ondersteuner, oud-rugbyspeler en borg wat die wedstryd bygewoon het. Die tweede rondte van die liga het pas afgeskop en Potties sien uit om sy onoorwonne status te behou.

Die klub bedank al sy borge wat dit vir die spelers moontlik maak om in die liga te kan speel: Play on Mobile disco (klank), Meat City, NTT Toyota Potties, Shonalanga Milling, Micromatica Transport, Midas, Tony’s Cash and Carry, Talisman hire, NTK, Nylpark Minimark, TAN slaghuis, Caltex the Ranch, Dros, Coetzer de Beer Prokureurs, Frans Fourie Rekenmeesters, HF mining, BB Auto, Wimpy, BMG, Elbar bande, Walkie Kruger, Havenga droogskoonmakers, Net die Beste Slaghuis, IPEX petroleum, Crystal Waters, Dr. J vd Berg, PPrus Apteek en Farmakon Apteek.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button