Bosveld SportSport

Gholfspelers beklink titels

Altesaam 74 van die dorp se top gholfspelers het verlede naweek tydens die Kameeldoring Klubkampioenskappe ysters geswaai en mekaar behoorlik die stryd aangesê vir die kans om as klubkampioen gekroon te word.

MOKOPANE – Die spelers het vir tawwe-kompetisie in die twee-dag stryd op die Kameeldoringgholfbaan gesorg en kort-kort in mekaar se nek geblaas.

Antony Hawken het geseëvier en met die reuse klubkampioentrofee weggestap, terwyl Armanda Kruger die skonergeslag verteenwoordig het en na ‘n ysterspel as vrouekampioen gekroon is.

Percy Hawken is as die juniorkampioen aangewys en John Davies as die seniorkampioen. Tony Hawken slaan die titel as nettkampioen los en Koos Meyer kry die prys vir “Lazy champ”.

Die Kameeldoringgholfklub wens die kampioene van 2016 geluk met hulle puikspel.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button