Bosveld SportSport

Nog ‘n trofee wink vir HPP

"Hulle het hard gewerk en ons glo 'n tweekuns is binne ons bereik." - Labuschagne, Hans du Plessis (hulpafrigter) en Wessels Venter (spanbestuurder)

MOKOPANE – Die koring is verlede naweek tydens die Limpopo rugby semifinaal op Hoërskool Louis Trichardt se velde van die kaf geskei en die o/15-span van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) het die titel as semifinaal wenners teenoor die o/15’s van Hoërskool Merensky beklink.

Die spelers van HPP het gedurende die seisoen sprankelrugby gespeel en verlede naweek het die o/14’s, o/ 15’s en o/16’s vir uithalerwedstryde in die semifinaal gesorg.

Na ‘n strawwe kragmeting het die o/14’s en o/16’s ongelukkig aan die kortste end getrek.

HPP se o/15-span het verlede jaar die seisoen afgesluit met die Limpopo kroon en dié jaar het hulle weereens bewys hulle is ‘n rugbyspan om mee rekening te hou nadat hulle die rugbyspanne van Merensky 22-12 tydens die semifinaal geklop het.

HPP se Speler van die Wedstryd was die vinnige senter, Junior Mnisi, wat met goeie spel sy teenstanders laat les opsê het.

Die span gaan op 23 Julie in die Limpopo-finaal kragte meet teen die o/15’s van Hoërskool Ben Viljoen op HTS Tom Naudé in Polokwane se velde.

Afrigter, Renier Labuschagne sê: “Ons het Ben Viljoen in ‘n taai wedstryd vroeër vanjaar 20-17 gewen, so ek vertrou ons sal weer hierdie jaar die gesogte Limtrofee kan inpalm.”

Labuschagne, Hans du Plessis (hulpafrigter) en Wessels Venter (spanbestuurder) sê hulle is baie trots op die span.

“Hulle het hard gewerk en ons glo ‘n tweekuns is binne ons bereik.”

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button