Bosveld SportSport
Vreugdesbeker loop oor vir Hansies
Die tweederugbyspan van Hoërskool Hans Strijdom het hulle blou vlam behoorlik gedurende die seisoen gebrand en die gesogte Limpopotrofee lag-lag verower.
MOOKGOPHONG – Die span het reeds vroeg in die seisoen gewys hulle gaan nie sommer geklop word nie. Tydens die finaal op 11 Junie het Hansies se tweedes die tweedespan van Hoërskool Merensky van Tzaneen aangedurf. Die Hansieleeus het reeds met die eerste afskop behoorlik gebrul en gewys wie is koning.
Met die blaas van die eindfluitjie was die telling 25-0 en die Hansies se vreugdesbeker het behoorlik oorgeloop. Dirk Oosthuizen, rugbyorganiseerder, sê: “Die skool bars uit sy nate van trots.”
redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



