Tuks se bobaas swemmers
Meer as 'n tiental lede van die Tuks Mokopane Swemklub het van 5 tot 9 Julie teen die room van die land se swemmers, tydens die TYR Prestige Swemkampioenskappe, meegeding.
MOKOPANE – Die vaardige swemmers het die Tuks Mokopane Swemklub, in die Kings Park swembad in Durban, teen meer as 30 ander klubs verteenwoordig. Raymond Kockott, Morné van der Bank, Anel de Vos en Franco Botha het gedurende die strawwe kompetisie uitgeblink en ‘n plek in die finaal bespreek.
Dié vier swemmers het die volgende prestasies behaal: Raymond behaal ‘n sewende plek in die 100 m vlinderslag, ‘n agtste plek in die 200 m vryslag, ‘n negende plek in die 200 m rugslag en in die 100 m vryslag.
Morné van der Bank swem ‘n agtste plek in die 200 m – en ‘n 10de plek in die 100 m rugslag los.
Anel de Vos spog met ‘n sesde plek in die 100 m vlinderslag, ‘n sewende plek in die 100 m rugslag, ‘n agtste plek in die 200 m rugslag en in die 50 m rugslag, ‘n negende plek in die 200 m Individuele Wisselslag (IM) en ‘n 10de plek in die 50 m vlinderslag. Franco Botha het ‘n negende plek in die 100 m rugslag, ‘n 10de plek in die 100 m vlinder- en 200 m rugslag verwerf.
Jurinda van Schalkwyk, Immeré Botha en Karla Vogel het deel van die gedugte o/12 aflosspan gevorm en ‘n brons medalje verower.
Ruben Glover het deel van die o/12 seunsaflosspan gevorm, wat ‘n vierde plek in die 200 m vryslag opgeraap het.
redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za




