Bosveld SportSport

Jong swemmer in sy element

Die 16-jarige Heinrich Strydom het tydens die onlangse SASOL Nasionale Swemkampioenskappe gewys hy is 'n krag om mee rekening te hou nadat hy onder meer 'n eerste plek in die 50 m rugslag verower het.

MOKOPANE – Die 16-jarige Heinrich Strydom het tydens die onlangse SASOL Nasionale Swemkampioenskappe gewys hy is ‘n krag om mee rekening te hou nadat hy onder meer ‘n eerste plek in die 50 m rugslag verower het.

Heinrich, ‘n lid van die Tuks Mokopane Swemklub, het nie vir die sterk kompetisie in die Penny Heyns swembad teruggedeins nie en spogprestasies behaal.

Hy pronk met ‘n tweede plek in die 200 m individuele wisselslag (IM), ‘n derde plek in die 100 m rugslag, ‘n vierde plek in die 200 m rugslag, ‘n sesde plek in die 200 m bors- en vryslag, ‘n agtste plek in die 50 m vryslag, ‘n negende plek in die 100 m bors- en vryslag asook ‘n 10de plek in die 50 m borsslag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button