5 plaaslike dansers verteenwoordig in die Groot Appel
Al vyf die vurige dansers het 'n High Silver toekenning vir hul onderskeie items behaal
MOKOPANE – Altesaam vyf studente van Z’s Dance Studio het van 10 tot 16 Julie tydens die American Dance Awards National Championships die land in New York verteenwoordig en groot opslae gemaak.
In slegs ses dae het ‘n menigte dansers hulle slag in meer as 8 000 items in die Sheraton Hotel in NY gewys en dié vyf talentvolle dansers het met die room van die wêreld in verskeie kategorieë meegeding. Suid-Afrika was slegs een van ses lande wat aan die gesogte kampioenskappe deelgeneem het.
Die vyf dansers het ook hulle vernuf in verskillende style opgeskerp deur aan die danswerkswinkels wat deur die beoordelaars aangebied is, deel te neem.
Al vyf die vurige dansers het ‘n High Silver toekenning vir hul onderskeie items behaal:
Nicolene Smit vir haar Hip Hop solo, Marissa Kleynhans vir haar Jazz duet, Loren Fortune vir haar Hip Hop solo en Jazz duet, Theressa Oosthuizen en Lara Forssman vir hulle ope solo’s.
Lees dansafrigter Zané de Wet’s kommentaar en bedankings in jou Bosveld Review
redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za








