Bosveld SportSport

Heuningsoete oorwinning vir Potties!

Potties se eersterugbyspan is die nuwe Boet Fickligakampioene nadat hulle vir Goldwagen Noordelikes van Polokwane verlede Saterdag ore aangesit het.

MOKOPANE – Na agt jaar in ‘n ry is Noordelikes uiteindelik ontkroon met Potties wat in ‘n naelbytwedstryd op hulle tuisveld met 26-22 geseëvier het.

Na ‘n spannende 79 minute van rugby was die swart en wit streeptruie 19-22 agter en ‘n oorstoot drie het vir ‘n soete sege gesorg. Dit is die eerste keer sedert die jaar 2000 wat Potties hierdie gesogte trofee omhoog kon lig.

Die wendrie is gedruk na ‘n puik voorrrybeweging waarin Wickus Visser, Leslie Venton en Renier Labuschagne vir Phillip Fuls gehelp het om die bal oor die doellyn te dra. Die puntemakers was Phillip Fuls(2), Deon Klein en Jan Vorster. Vorster het ook drie skoppe tussen die pale deurgesit.

Die span speel komende Saterdag teen Northam wat reeds verlede jaar vir die Goldcup (community cup) gekwalifiseer het. Potties bedank hulle afrigters SJ Jonker en Jaco De Villiers, asook elke ondersteuner en borg. Hierby foto’s van die aksie.

 

lionel@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button