Bosveld SportSport

Lim swemspan ryg string medaljes in

'n Tiental van TUKS Mokopane Swemklub se lede het Limpopo laas Saterdag tydens die Interprovinsiale Kampioenskappe in Boksburg trots verteenwoordig.

MOKOPANE – Immeré Botha, Raurd Nel, Carlia Nel, Mighael Alberts, Franco Botha, Raymond Kockott, Heinrich Strydom, Ruben Glover, Bernice Laboff en Andel de Vos het hul staal in die water gewys.

Die vaartbelynde swemmers het die volgende prestasies verwerf: Raymond Kockott (o/16) het ‘n vierde plek in die 100 m vlinderslag en ‘n derde plek in die 100 m vryslag behaal.

Ruben Glover (o/12) spog met ‘n tweede plek in die 100 m rugslag en ‘n derde plek in die 100 m vryslag. Franco Botha (o/14) wen ‘n gesogte eerste plek in die 100 m rugslag en ‘n vierde plek in die 100 m vryslag. Heinrich Strydom (o/16) raap ‘n eerste plek in die 100 m rugslag op, Anel de Vos verwerf ‘n derde plek in die 100 m rugslag en Bernice Laboff (o/13) pronk met ‘n eerste plek in die 100 m borsslag. Die volgende swemmers was deel van ‘n gedugte aflosspan: Franco Botha se aflosspan het ‘n eerste plek in die 200 m Medley Relay verower. Carlia Nel se aflosspan asook die aflosspan van Mighael Alberts het ‘n derde plek in die 200 m Medley Relay verwerf.

Ruben Glover se aflosspan het ‘n vierde plek in die 200 m Medley Relay losgeswem so ook die aflosspan van Bernice Laboff.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button