Bosveld SportSport

Tuks se swemmers palm ryk medalje-oes in

Tuks Mokopane se swemmers het verlede Saterdag aan die Tuks Sprint gala in Bela-Bela deelgeneem

MOKOPANE – Die swemmers het talle medaljes verower.

Die swemmers wat medaljes gewen het, is:

Marnus Truter (6) wen ‘n brons medalje in die 25m borsslag en die 25 m vlinderslag.

Marlo van der Walt (6) verower ‘n silwer medalje in die 25 m borsslag.

Carla Dannhauser (7) kry ‘n goue medalje in die 25 m rugslag en ‘n brons medalje in die 25 m vlinderslag.

Stephanie Dannhauser (7) wen ‘n brons medalje in die 25 m rugslag, ‘n silwer in die 25 m borsslag, ‘n silwer in die 100 m wisselslag en ‘n silwer in die 25 m vryslag.

Keanke Nel (7) verower brons medaljes in die 25 m borsslag en in die 25 m vryslag.

Johan Krafft (7) wen goud in die 25 m rugslag, brons in die 25 m vryslag en wisselslag en silwer in die 25 m vlinderslag.

Petri Grobler (7) kry ‘n brons medalje in die 25 m rugslag.

Zanè Neethling (8) wen ‘n silwer medalje in die 100 m rugslag.

Henro van der Walt (8) behaal ‘n silwer in die 50 m rugslag en in die borsslag en ‘n brons medalje in die 200 m wisselslag.

Dian Vogel (8) verower ‘n n silwer medalje in die 100 m borsslag en ‘n brons medalje in die 50 m borsslag.

Lianka du Toit (9) kry goud in die 50 m rugslag en 100 m borsslag, silwer in die 50 m borsslag en brons in die 200 m wisselslag.

Carmi Schoeman (9) wen silwer medaljes in die 100 m rugslag, 50 m vlinderslag, 200 m wisselslag en brons in die 50 m rugslag, 50 m borsslag en 50 m vryslag.

Mighael Alberts (9) wen goud in die 50 m rugslag, 50 m borsslag, 50 m vryslag en 100 m rugslag. Hy kry silwer in die 200 m wisselslag en 50 m vlinderslag.

LW Lourens (9) verower brons medaljes in die 50 m rugslag, 200 m wisselslag, 50 m vlinderslag, 100 m rugslag en 50 m vryslag.

Willem Neethling (9) kry ‘n silwer medalje in die 100 m borsslag.

Karla Vogel (11) wen ‘n silwer medalje in die 100 m borsslag en brons medaljes in die 50 m rugslag, 50 m borsslag en 100 m rugslag.

Carlia Nel (11) wen ‘n brons medalje in die 200 m wisselslag.

Megan Wolvaardt (12) wen goud in die 50 m rugslag en borsslag, asook goud in die 50 m vlinderslag 50 m vryslag en 100 m borsslag. Sy kry silwer in die 200 wisselslag, 100 m vlinderslag en 100 m rugslag

Jeska Tiersma (12) wen ‘n brons medalje in die 50 m borsslag.

Ruard Nel (12) verower goud in die 200 m wisselslag en silwer in die 50 m vryslag. Hy kry brons medaljes in die 50 m rugslag en 50 m vlinderslag.

Ruben Glover (13) behaal goud in die 50 m rugslag 200m wisselslag, 100 m rugslag en silwer in die 100 m vlinderslag en 50 m vryslag. Hy kry ook brons medaljes in die 50 m borsslag, 50 m vlinderslag en 100 m borsslag.

Pieter Vogel (14) behaal ‘n silwer in die 50 m borsslag en brons medaljes in die 50 m rugslag, 200 m wisselslag en 100 m rugslag.

Mornè van der Bank (18) wen ‘n goud in die 50 m borsslag en 100 m borsslag en silwer in die 50 m rugslag, 200 m wisselslag, 50 m vlinderslag en 100 m rugslag. Hy kry ‘n brons medalje in die 50 m vryslag.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button