Local sportSport

Dans, dans, dans, Kaylee

Reeds sedert sy sewe jaar oud is, droom Kaylee Scott (15) daarvan om professioneel te dans.

POLOKWANE – Reeds sedert sy sewe jaar oud is, droom Kaylee Scott (15) daarvan om professioneel te dans.

Sy sê sy het tydens ‘n konsert gesien hoe die meisies moderne dans beoefen en was onmiddellik smoorverlief op dié dansstyl. Vir die afgelope drie jaar dans sy by Nonnie de Lange Dansateljee.

“Ek en my boetie doen beide tuisonderig.

“Hy dans ook. Ek het eers met moderne danse begin en later ook klopdans begin doen.

“Daarna het ek kennis gemaak met hip hop en sedertdien het ek my moderne dansskoene heeltemal verruil vir klopdans en hip hop,” vertel Kaylee.

Sy sê klopdans is haar gunsteling dansstyl en in haar vrye tyd doen sy ook sang, toneelspeel, teken en verf.

“Ek is deur die South African Talent Championships (Satch) gekies om Suid-Afrika in Florida in die V.S. te gaan verteenwoordig.

“Ons gaan in Junie volgende jaar vir 12 dae daarheen,” vertel Kaylee opgewonde.

“Om hierdie droom ‘n werklikheid te maak, het ek egter baie geld nodig. Ons beoog om 75 borge te kry wat elk R1 000 kan borg.

“Die blootstelling wat ek gaan kry is baie goed en die ondervinding ook. Daar gaan agente van verskillende maatskappye wees wat dansers gaan kies om by hulle te werk,” verduidelik sy.

“Daar is vier kategorieë waarvan ek ten minste in drie moet deelneem. Ek gaan dans, sing en toneelspeel.”

Kaylee het reeds twee goue medaljes, ‘n silwer medalje en ‘n brons medalje by Satch verwerf vir haar dans.

Mense wat ‘n bydrae wil maak om Kaylee se droom te laat waar word, kan ‘n betaling na die volgende bankrekening maak:

Bank: Standard Bank. Rekeninghouer: Herbert Scott. spaarrekening. Tak: Polokwane. Takkode: 052 548. Rekeningnommer: 676 651 100. Verwysing: Jou naam en van.

E-pos die bewys van betaling na dscott@bosveld.co.za, stuur ‘n SMS na 076 076 8416 of ‘n faks na 086 759 9167.

“Ek wil almal wat bydra voorlopig bedank vir hul ondersteuning,” sê Kaylee.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button