Local sportSport

Stad se dansers vlugvoetig

Dansers van die Nonnie de Lange Dans Studio in die stad het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Talent Kampioenskappe (SATCH) in Johannesburg deelgeneem.

POLOKWANE – Dansers van die Nonnie de Lange Dans Studio in die stad het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Talent Kampioenskappe (SATCH) in Johannesburg deelgeneem.

Danders wie in hulle onderskeie provinsies geseëvier het, het deurgedring na die nasionale kompetisie wat van 4 tot 10 Oktober gehou is.

Die dansers van Nonnie de Lange het in verskeie afdelings beïndruk en het met ‘n goeie oes medaljes huistoe gekom.

Een van hierdie dansers wie ‘n dubbele goue medaljewenner gewen het nadat sy die beoordelaars en keurders by die nasionale kampioenskappe beïndruk het, is Kaylee Scott.

Afgesien van die twee goue medaljes, het Scott ook silwer en brons medaljes verower.

Scott is ook gekies vir die nasionale SATCH-span wat eersdaags in Florida in die VSA gaan deelneem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button