Local sportSport

Potties reg vir tawwe stryd teen Noordelikes

Saterdag se wedstryd word tuis gespeel en gaan 'n maak of breek wees.

MOKOPANE – Daar is steeds geen keer aan Potties Rugbyklub se eerstespan wat verlede naweek Louis Trichardt met 40-0 oorrompel het nie.

Potties het ses drieë gedruk waarvan Jan Vorster vyf verdoel het. Vorster het ook ‘n prag drie gedruk. Die ander drieë is deur Phill Herselman (2), Oliver Moorcroft, Stefan Oosthuizen en Wikus Pretorius gedruk.

Deon Klein en Renier Labuschagne is onderskeidelik as agter- en voorspeler van die wedstryd aangewys. Izak Oosthuyzen was die tweedespan se speler van die wedstryd. Potties se tweede span het egter 33-0 teen Dendron se eerste span verloor.

Potties speel komende Saterdag teen Noordelikes. Die eerstespan is steeds na ses wedstryde eerste in die Boet Fickliga met Noordelikes op hulle hakke.

Saterdag se wedstryd word tuis gespeel en gaan ‘n maak of breek wees. Die tweedes draf om 16:30 uit waarna die eerstes mekaar gaan opkeil.

Potties Rugbyklub bedank al sy borge wat dit moontlik maak vir die spelers om deel te neem aan die liga.

redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button