Local sportSport

Stoei het haar in ‘n stywe greep vas

Slegs ses maande na Charmoné Oosthuizen (13) begin stoei het, het sy reeds haar eerste goue medalje huistoe gebring.

POLOKWANE – “Ek wou eintlik karate doen, maar my boetie, Pieter, stoei al van gr. 00 af deur die skool. Sy afrigter, Jan Roets, het my gevra om ook deel te neem en toe byt die stoei-gogga my,” skerts Charmoné.

“Dit is baie lekker oefening. Ek oefen vier maal ‘n week vir ‘n uur tot ‘n uur en ‘n half. Woensdae is ‘nasionale stoei dag’, dan kom verskillende klubs Polokwane toe om deur SA- geakriditeerde afrigter, Jan Roets, afgerig te word.”

Sy vertel haar eerste kompetisie was tydens die Suid-Afrikaanse Presidente kompetisie in Carnival City waar sy teen drie sprinkbokstoeiers gestoei het. Hier het sy ‘n brons medalje en haar Limpopokleure vir stoei verwerf. Sy het in haar gewigsgroep teen 17 tot 21-jariges gestoei.

“My tweede kompetisie was die Gauteng Ope waar ek tweede in my gewigsgroep gekom het en ‘n silver medalje ontvang het.

“Op Saterdag, 4 Junie het ons aan die Limpopo Ope deelgeneem waar ek my eerste goue medalje gewen het,” sê sy trots.

In Oktober gaan sy aan die SA Streekskompetisie deelneem waar sy haar SA-kleure kan verwerf.

maretha@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button