Local sportSport

Potspelspan deur na proewe

Die o/18-Potspel-kampioenskappe het onlangs in Bloemfontein plaasgevind en die Limpopospan het hul vernuf tydens die kompetisie bewys.

POLOKWANE – Daar was die jaar ‘n toename in die aantal spanne wat deelgeneem het wat daartoe gelei het dat die speeltyd vir die wedstryde aansienlik verkort is.

Die span het beter gevaar as in die vorige twee jaar en het gedurende die eerste paar dae van die kompetisie hoog op die ranglys geklim.

Elke speler het sy kant gebring en dit het hul afrigter, Naas Vorster, baie bly gemaak.

“Ek was bly om te sien dat die lede alles waaraan ons in ons oefensessies gewerk het in die kompetisie toegepas het,” vertel Vorster.

Japie Wentzel en Calvin Vorster het baie goed gespeel en het teen die einde van die tweede dag onderskeidelik vierde en agtste op die individuele puntelys gelê uit ‘n groep van 85 spelers. Dié twee uitblinkers het die volle aandag van opponente asook provinsiale bestuurders getrek. Japie het die trofee vir Limpopo se beste speler verwerf.

Die span wil graag hul borge bedank vir hul ondersteuning.

“Ons bedank Momentum Consult vir die rugsakke en waterbottels, asook Wentzel Boerdery wat die span se baadjies geborg het,” sê Vorster.

Spanne wat uitstaan in die proewe wat in September plaasvind dring deur na die nasionale kampioenskappe wat in Januarie by Carnival City in Johannesburg gaan plaasvind.

‘n Potspelkompetisie vir gestremdes sal ook volgende jaar in Februarie of Maart plaasvind.

raeesak@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button