Local sportSport

Rugbyspanne kry sterk nuwe wind in hul seile

Die gesegde aanhouer wen geld beslis in die geval van die Goldwagen Noordelikes se eerstespan wat vir die eerste keer in vyf jaar 'n wedstryd teen Letaba Rugbyklub in Tzaneen, op Letaba se velde gewen het.

POLOKWANE – Die telling toe die eindfluitjie blaas was 28 -19.

Dit slegs ‘n paar dae nadat hulle hul nuwe klere, geborg deur The Courier Guy, ontvang het.

“The Courier Guy het vir ons ‘n borgskap van om en by R70 000 gegee deur al drie ons spanne se klere te borg. Van die klub se kant af beteken dit vir ons geweldig baie.

“Vir die eerste keer in baie lank het ons spelers nie nodig gehad om klere te deel nie. Elke speler het nou sy eie klere,” vertel Freek Romijn, afrigter van die eerstespan.

Die klere is tydens ‘n kort seremonie aan die spelers oorhandig en Romijn het tydens hierdie seremonie die spelers herinner dat hulle ‘n verantwoordelikheid teenoor elke borg het.

“Jy moet twee keer dit wat jy ontvang teruggee. Ons spelers moet baie dankbaar wees vir elke borgskap.”

Mynhardt Smith, kaptein van die eerstespan, het ook die borge bedank. “Ons kan nie veel meer sê as baie dankie nie, maar ons kan wel op die veld wys hoe baie ons dit waardeer.”

Mynhardt Smith (Goldwagen Noordelikes eerste span, kaptein) bedank Izelle van der Spek van The Courier Guy vir die borgskap.

maretha@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button