Potties Atletiekklub se atlete draf Twee Oseane kaf
Die Old Mutual Twee Oseane Marathon is verlede naweek in Kaapstad gehou en die atlete van die Potties Atletiekklub was daar om hulle vernuf op die langpad te wys. Die uitslae was as volg:
MOKOPANE – Die marathon wat in 1970 begin is met net 26 deelnemers, word nie verniet as een van die wêreld se mooiste ultrawedloop beskou nie met duisende plaaslike sowel as internasionale deelnemers.
Verlede Vrydag se wedlope het bestaan uit ‘n 24 km of 12 km, asook n pretdraf van 5,6 km, Saterdag is die 21 km en 56 km ultra marathon aangepak.
Potties se langasems het goed gedoen en benewens die talle medaljes wat ingeryg is, spog van die lede met persoonlike beste tye.
Die uitslae was as volg:
12 km wedloop
• Andrea Ferreira 01:38.
• Cecilia Ferreira 01:38.

21 km half marathon
• Andrea Ferreira 02:31.
• Cecilia Ferreira 02:22.
• Denise Cloete 01:47 (persoonlike beste).
• Daleen van Zyl 02:36.

• Wihan Geerkens 01:58 (persoonlike beste).
• Fozia Issufo 03:01.

• Sulinam Tayob 02:33.
• Fatima Tayob 02:36.
• Ben Fourie 03:00.
• Olive Jacobs 02:46.
56 km Ultramarathon
• Estelle Geerkens 05:37.
• Aubrey Baloyi 05:44 (persoonlike beste).
• Annemari Kruger 05:48 (persoonlike beste).
• Sarie Coetzee 06:19.
• Leanne Winnan 06:30.
• Khatija Essack 06:34.
Die atlete gaan komende Saterdag aan die Loskop 50 km ultra marathon en 21 km half marathon deelneem. Dit is twee naweke in ‘n ry waar die atlete 50 km en meer aandurf wat dien as voorbereiding vir die uitmergelende Comrades Marathon wat oor ses weke gehou word.
redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za



