Local sportSport

Groen en goud vir ons jukskeispelers

Twee top jukskeispelers van Mokopane is na afloop van die SA Jukskeikampioenskappe vir Suid-Afrikaanse spanne gekies.

MOKOPANE – De Graaff Genis, ‘n bekende op die land se jukskeibane, het sy Suid-Afrikaanse kleure verwerf na die afgelope SA Jukskeikampioenskappe wat van 2 tot 7 April in Kroonstad gehou is. Hy speel in die veteraanspan wat Donderdag na Namibië vertrek het. De Graaff is die derde SA speler wat die Tarentaal Jukskeiklub oplewer.

Nog ‘n speler van die klub, Jannie Opperman, sal vir die tweede agtereenvolgende jaar in sy S.A. kleure as kaptein vir die A-span van die seniormans later meeding.

De Graaf sê sy liefde vir jukskei kom van sy oupa en pa af, “Ek het in gr. 1 begin jukskei speel. Eintlik kan jy sê dit is ‘n familiesport. Ons almal geniet dit.” Volgens De Graaff is die Tarentaal Jukskeiklub in 1939 gestig en is die oudste klub in die land. Hy is vreeslik opgewonde oor die SA-span se toer na Namibië.

De Graaff Genis saam met Jannie Opperman wat gekies is as kaptein van die Suid-Afrikaanse A-span vir seniormans.

“Ek is eintlik die groentjie in die span en sien baie uit om daar te gaan speel.” Die Tarentaalklub se volgende groot wedstryd is op 19 Augustus en word die driespel genoem.

Spelers van heinde en ver gaan dan hier op eie bodem meeding en daar is groot pryse op die spel.

Vir navrae oor die klub se bedrywighede kontak Fanus Genis (Voorsitter) by 083 263 5368 of De Graaff Genis (Sekretaris) by 082 902 6997.

Oefentye is Donderdagaande van 17:00 tot 18:00 en almal is welkom.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button