Geldinsameling vir rugbyspeler vorder
David Human, wat tans besig is om geld in te samel vir 'n oorsese rugbytoer bedank die gemeenskap vir hulle lojale ondersteuning.
MOKOPANE – Die voorslagrugbyspeler van Hoërskool Piet Potgieter, David Human, wat tans besig is om geld in te samel vir ‘n oorsese rugbytoer bedank die gemeenskap vir hulle lojale ondersteuning.
Volgens FD Human, David se pa, is daar tot dusver R9 000 ingesamel en kort daar steeds ‘n groot bedrag van R 41 000 voordat David in Dallas, VS, kan gaan rugby speel as deel van die All Stars 7’s rugbyspan.
FD vra dat die gemeenskap ‘n lootingskaartjie (R100) by J&S Slaghuis en die Bold & Beautiful Salon koop om David te help.
Dit is ook beskikbaar by FD en sy vrou.
Mense is welkom om geld in die volgende bankrekening in te betaal: Eerste Nasionale Bank, rekeninghouer: STA Travel, takkode: 253305, rekeningnommer: 6201 854 9371, snelkode: FIRNZAJJ, verwysingsnommer: 221315 David Human. Vir enige verdere inligting kontak FD by 082 575 5290.



