Van brug na berg in een dag
Dit was inderdaad Jakkie van der Colff (75) 'n kranige fietsryer en bekende in fietsrykringe se droom en inisiatief wat op 6 Mei om 07:00 verwesenlik is.
MOKOPANE – Van Beitbrug na Tafelberg in een dag op die saal van ‘n fiets, wie sou kon dink dat dit moontlik kan wees.
Dit was inderdaad Jakkie van der Colff (75) ‘n kranige fietsryer en bekende in fietsrykringe se droom en inisiatief wat op 6 Mei om 07:00 verwesenlik is.
Van der Colff sê hy het al menigte ritte afgelê en die land deurkruis op sy fiets.
Dit is tydens een van die ritte wat die Brug na Berg inisiatief in sy gedagtes opgekom het.

Foto’s Verskaf
“Ek het net besef Suid- Afrika is so ‘n mooi land en die mense moet dit op ‘n fiets beleef en verken,” sê Van der Colff.
Die Brug na Berg is nie net vir klublede nie, enigeen kan dit aanpak. Sy doel met die inisiatief is om mense bewus te maak van fietsry en die lekker daarvan.
“Tydens die rit vergeet jy van tyd, jou sorge en stres word in die wind weggewaai. Dit is een van die redes hoekom die rit nie ‘n kompetisie is nie. Jy trap op jou tyd en jou gemak, daar is geen afsnytyd nie.” Brug na Berg is die eerste fietsrit in sy soort in Suid-Afrika. Daar is 20 wegspringpunte van Beitbrug na Kaapstad.
Van die afstande per skof wissel tussen 60 km tot 150 km.
Al die spanne het om 07:00 Saterdagoggend weggespring en die laaste fietsryers het ongeveer 16:00 klaar gemaak.

Die rit strek oor ‘n afstand van 4 170 km wat tussen 180 na 250 fietsryers in verskillende skofte aflê.
Die fietsryers se ouderdomme wissel tussen agt en 75 jaar en twee blinde ryers het ook deelgeneem.
Mokopane Fietrsryklub het ses ryers gehad wat om 07:00 voor die Wimpy weggespring het en tot in Bela-Bela sowat 140 km verder getrap het.
Van der Colff vertel opgewonde: “Die terugvoer wat ek gekry het is oorweldigend en dit gaan beslis ‘n jaarlikse instelling word elke eerste Saterdag van Meimaand”.
Vir enige navrae stuur ‘n e-pos aan jmc@telkomsa.net.
redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za




