Local sportSport

Lang draf wink vir dié Mokopane atlete

Hierby Potties se atlete wat daarna uitsien om die moordende wedloop te voltooi

MOKOPANE – Potties Atletiekklub se atlete is volstoom besig om voor te berei vir die Comrades Marathon wat Sondag, 4 Junie plaasvind.

Vanjaar pak duisende atlete van regoor die land en ook van oorsee die opdraande roete vanaf Durban na Pietermaritzburg aan. Hierby Potties se atlete wat daarna uitsien om die moordende wedloop te voltooi.

Afwesig: Gert Pretorius wat laat weet dit is nie sy eerste Comrades nie en hy weet al wat om te verwag en Collins Bopape wat sy eerste Comrades hardloop. Bopape sê dit is ‘n groot uitdaging, maar hy is slaggereed.

Bosveld wens die atlete sterkte toe.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button