School sportSport

Suidskool se trots

Laerskool Pietersburg het vanjaar voorwaar sportpresteerders om op trots te wees.

POLOKWANE – Laerskool Pietersburg het vanjaar voorwaar sportpresteerders om op trots te wees.

Tot dusver vanjaar het meer as 30 leerders al Limpopo-kleure verwerf. Wat rugby aanbetref verteenwoordig Taylor du Plessis, Charl-Pierre Brandon en Jurgen von Houwald die o/13-Limpopospan en Nicky Grobler die o/12-Limpopospan.

Minette du Preez, Christine Rossouw en Helga Claassen verteenwoordig die o/13A- Limpopo-hokkiespan terwyl Louise du Preez en Carika Beukes in die o/12A-Limpopo-span opgeneem is.

Kayla Snyman is in die o/13-Limpopo-netbalspan opgeneem en Marjoné de Beer is in die provinsiale o/10-swemspan opgeneem. Sewe leerders is in die Limpopo ringbalspan opgeneem.

Ané van Dyk, Chané Fouche, Roan van Breda en Marzelle Luus is in die o/11A-Limpopo ringbalspan. Roelien van Breda is gekies as die kaptein van die o/13A-Limpopo ringbalspan terwyl Christine Retief vir die o/10B-span en Tanika Wilkinson vir die o/11B-ringbalspan speel.

Kayla Jansen van Vuuren is in die o/10-Limpopo jukskeispan opgeneem. Mariska Smit, Melissa Smit, Siobhan Johannsen, Leandré Labuschagne, Leilah Calaca, Mariska Groenewald, Louise van Rynevel, Casey Jackson en Chanté Serfontein het vir gimnastiek Limpopo-kleure gekry.

Twee Suidskool, Karla Kloppers (o/10) en Japie Wentzel (o/12), is ook in die Limpopolandloopspan opgeneem. Nicky Bam verwerf Limpopo-kleure vir hoogspring en Michael Fouché verteeenwoordig die o/11-Limpopo hengelspan.

Die skool is baie trots op die leerders se sportprestasies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button