Appels swaai op die rugbyveld
Die rugbyeindstryde vir groot-, medium- en kleinskole in Limpopo is Saterdag in die stad beslis.
POLOKWANE – Die rugbyeindstryde vir groot-, medium- en kleinskole in Limpopo is Saterdag in die stad beslis.
Die eerstespan van Hoërskool Pietersburg het in hul eindstryd teen die span van Hoërskool Frikkie Meyer te staan gekom.
Pietersburg se span het van meet af die pas aangegee. Frikkie Meyer se spelers het veral in die tweede helfte hul frustasies laat deurskemer deur handgemeen te raak.
Pietersburg het hul nie van stryk laat bring nie en voortgebou op hul kragvertoning om uiteindelik die wedstryd gemaklik met 45-14 te wen.
Sportmangees na die wedstryd was egter by die venster uit toe van die Frikkie Meyer-spelers handgemeen geraak het, so erg dat afrigters, ouers en skeidsregters moes inspring om die spelers uitmekaar te dwing.



