School sportSport

Bosveldfees skop af met hope aksie

'n Feestelike atmosfeer het verlede Woensdag by Hoërskool Pietersburg geheers toe die eerste ronde van die Kia Bosveld Rugbyfees daar afgeskop het.

POLOKWANE – ‘n Feestelike atmosfeer het verlede Woensdag by Hoërskool Pietersburg geheers toe die eerste ronde van die Kia Bosveld Rugbyfees daar afgeskop het.

Die deelnemende skolespanne het nie op hulle laat wag nie en die dag is gekenmerk deur harde rugby en uitmuntende spel.

Die Kia Bosveld Rugbyfees is ‘n ontwikkelingstoernooi wat fokus op die toekomstige eerstespanrugbyspelers van die skole wat deelneem. Die skole skryf dus spanne met hul mees belowende jong spelers in.

Oud-Springbok, Jaco van der Westhuizen, het die opening behartig.

Hy het die rugbyspelers gemotiveer om hul beste te lewer.

“Een ding in die lewe moet jy goed onthou en verstaan. Jy maak self die besluite in rugby, of jy nou oefen of speel. Jy self besluit hoeveel jy gaan insit en dit bepaal hoeveel jy gaan uitkry. Dit geld vir alles in die lewe. Wat jy insit, sal jy uitkry en jy moet hard werk om jouself altyd een tree voor die res te hou. Maak die beste keuses vir jouself,” het hy gesê.

Laerskole-uitslae:

• Krugerpark klop Noordskool met 19-5.

• Oosskool klop Laerskool Pietersburg met 28-0.

Hoërskole-uitslae:

• Die Barbarians klop die Uitnodigingsspan met 45-17.

• Hoërskool Louis Trichardt klop Tom Naudé met 24-8.

• Hoërskool Merensky klop Hoërskool Frans du Toit 38-13.

• PHS klop Hoërskool Ellisras met 62-3.

• Hoërskool Hans Strijdom klop die Mitchell House Rangers 34-6.

Die uitnodigingspan bestaan uit spelers van beide PHS en die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button