Kruinies, PHS kop aan kop
Curro Heuwelkruin en Hoërskool Pietersburg (PHS) was reg vir aksie toe die twee skole sake uitgespook het op die hokkieveld.
POLOKWANE – Curro Heuwelkruin en Hoërskool Pietersburg (PHS) was reg vir aksie toe die twee skole sake uitgespook het op die hokkieveld.
Die twee skole was op Donderdag, 14 Mei op Heuwelkruin se astroturfbaan in ‘n verbete stryd om as wenner weg te stap tydens ‘n ligawedstryd.
Heuwelkruin het die eerste oorwinning aangeteken met hulle o/14-span se noue oorwinning van 3-2 teenoor PHS. Die o/15 Heuwelkruin span het nie op hulle laat wag nie en het gevolg met ‘n 4-1 oorwinning oor PHS.
PHS se gees was nie daardeur gebreek nie en hulle o/16-span het ‘n welverdiende oorwinning van 4-2 teenoor Heuwelkruin aangeteken, waarna hul eerstespan bewys het wat in hulle steek en Heuwelkruin met ‘n telling van 3-1 geklop het. Albei skole het as wenners die baan verlaat met twee oorwinnings elk uit hul vier wedstryde.








