School sportSport

Bulletjie maar man tydens rugbydag

Erika Kleuterskool, Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) en Curro Heuwelkruin was die plaaslike skole wat deelgeneem het.

POLOKWANE – Dit was ‘n jolige familiedag met ouers wat hulle kinders langs die kantlyn aangehits en heerlike kosreuke vanuit die verskeie kosstalletjies wat die lug gevul het by Saterdag se Vodacom Bulletjierugbydag wat by Curro Heuwelkruin aangebied is.

Daar was spelers van 34 laerskole, van gr. R tot gr. 2, regoor die provinsie wat die bulletjierugbydag bygewoon het.

Erika Kleuterskool, Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) en Curro Heuwelkruin was die plaaslike skole wat deelgeneem het. Die doel van die dag was tweevoudig: die bevordering van rugby onder kinders en ook om die pret en gesondheid verbonde aan sport te beklemtoon.

Omdat die slegs ‘n pretdag was, is geen wenners aangewys nie.

MEER FOTO’S

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button