School sportSport

Osies se gr. 3-7’s hou ‘n pretdraf

Die gr. 3-, gr. 4- en gr. 5-groep het 2 km gehardloop en die gr. 6- en gr. 7-groep 3 km.

POLOKWANE – Op Woensdag, 20 Mei, het gr. 3- tot gr. 7-leerders van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) aan ‘n pretdraf deelgeneem.

Elke graad het hul graadhempies gedra en per graad weggespring. Die gr. 3-, gr. 4- en gr. 5-groep het 2 km gehardloop en die gr. 6- en gr. 7-groep 3 km. By die eindpunt was heerlike ysies en hier en daar ‘n traan van blydskap om eerste te eindig asook van moegheid na die ver hardloop.

Die pretdraf is gehou om leerders te kies wat in die landloopspan kan hardloop. Die eerste 10 leerders in elke graad is voorlopig in die span waarna verdere uitdunne gehou sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button