School sportSport

PHS se winterspanne is op dreef

Die Hoërskool Pietersburg se wintersportspanne het verlede Saterdag in vriendskaplike wedstryde teen Hoërskool Helpmekaar van Johannesburg te staan gekom.

POLOKWANE – Die Hoërskool Pietersburg se wintersportspanne het verlede Saterdag in vriendskaplike wedstryde teen Hoërskool Helpmekaar van Johannesburg te staan gekom. Dit is veral die meisies- en seunshokkiespanne sowel as die netbalspanne van Pietersburg wat die botoon teen Hoërskool Helpmekaar gevoer het.

Wat die rugby aanbetref het Hoërskool Pietersburg se spanne, behalwe die tweedespan wat met 37-27 geseëvier het, ‘n rugbyles van die Johannesburgers ontvang. In die hoofwedstryd het Hoërskool Pietersburg se eerstespan ‘n moedige geveg opgesit, maar Hoërskool Helpmekaar se span was beter en keer terug Gauteng toe met ‘n oorwinning van 58-28. Na aanleiding van die wedstryde behoort Hoërskool Pietersburg nou ‘n goeie aanduiding te hê waar die knelpunte in die span is sodat hulle daaraan kan aandag gee vir toekomstige kompetisies.

Hier is die uitslae met die Hoërskool Pietersburg se punte vooraan.

Rugby:

• Eerstespan 28-58.

• Tweedespan 37-27.

• Derdespan 0-17.

• o/16A 20-33.

• o/16B 3-14.

• o/15A 24-35.

• o/15B 14-21.

• o/14A 0-38.

• o/14B 5-12.

Meisieshokkie:

• Eerstespan 11-0.

• Tweedespan 2-0.

• o/16A 16-0.

• o/16B 4-0.

• o/15A 9-0.

• o/14A 5-2.

• o/14B 1-2.

Seunshokkie:

• Eerstespan 6-1.

• o/16 13-0.

• o/14 4-0.

Netbal:

• o/18B 18-11.

• o/17A 22-9.

• o/16A 39-14.

• o/16B 18-12.

• o/15A 21-3.

• o/15B 14-11.

• o/14A 20-26.

• o/14B 11-19.

• o/14C 4-22.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button