School sportSport

Tommie Tiere wys wie is baas

Die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het verlede Saterdag vriendskaplik rugby, netbal en hokkie teen Hoërskool Warmbad gespeel.

POLOKWANE – Die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het verlede Saterdag vriendskaplik rugby, netbal en hokkie teen Hoërskool Warmbad gespeel.

HTS Tom Naudé se rugbyspanne het Hoërskool Warmbad gewys waar Dawid die wortels gegrawe het deur al hul wedstryde oortuigend te wen.

Al die junior spanne van HTS Tom Naudé het weghol oorwinnnings teen Warmbad behaal.

Maar in die eerstespan wedstryd van die dag moes HTS Tom Naudé se span uithaal en wys om ‘n begeesterde Warmbad-span te weerhou om ‘n enkele rugby-sege te behaal.

Dié tegniese skool se eerstespan wen uiteindelik met punte, 19-13.

Hier is die uitslae van die dag se ander wedstryde met gasheerskool HTS Tom Naudé se tellings eerste.

Rugby:

• o/14 34-0.

• o/15 51-0.

• o/16 29-0.

• Eerstespan 19-13.

Netbal:

• o/14 5-13.

• o/15 15-14.

• o/16 5-16.

• Eerstespan 23-17.

Hokkie (meisies):

• Eerstespan 0-1.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button