School sportSport

Rugbyspanne meet kragte op veld

Die rugbyspanne van Curro Heuwelkruin en Pietersburg Laerskool (Suidskool) het saam hulle getroue ouers langs die veld, gesorg vir goeie sportsgees tydens dié skole se vriendskaplike wedstryde.

POLOKWANE – Die rugbyspanne van Curro Heuwelkruin en Pietersburg Laerskool (Suidskool) het saam hulle getroue ouers langs die veld, gesorg vir goeie sportsgees tydens dié skole se vriendskaplike wedstryde.

Donderdag, 21 Mei was Curro Heuwelkruin se rugbyvelde en pawiljoene behoorlik aan die gons toe die verskeie spanne teen mekaar te staan kom. Die o/9 spanne het die eerste wedstryd afgeskop en Suidskool het geen tyd gemors deur vinnig deur Curro Heuwelkruin se verdediging te breek en die eerste oorwinning vir hulle skool aan te teken met ‘n eindtelling van 57-17.

Curro Heuwelkruin se o/11 span het hierdie pakslae terug geantwoord met ‘n taai wedstryd waar die eindtelling 14-10 in hulle guns was, waarna die Curro Heuwelkruin se eerste span ook stof in Suidskool se oë geskop het met nog ‘n oorwinning van 28-17 op hulle tuisveld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button