Tuksreeks stel PHS ten toon as top mededinger op sportveld
Die Tuksreeks wat in Mei voltooi is het net weer bewys dat wanneer dit by presteer kom, die hokkiespanne van Pietersburg Hoërskool nie terugstaan nie.
POLOKWANE – Die Tuksreeks wat in Mei voltooi is het net weer bewys dat wanneer dit by presteer kom, die hokkiespanne van Pietersburg Hoërskool nie terugstaan nie.
Die uitslae was soos volg:
• Hokkieseuns:
o/14: speel 1-1 gelykop teen Eldoraigne (eindig negende)
o/16: wen 2 – 1 teen Ermelo (eindig vyfde)
eerstespan verloor 4 -1 teen Ermelo (eindig sesde)
Seunshokkiespeler van die week was Louis Nel.
Die seun span eindig algeheel sesde uit 16 skole.
• Hokkiemeisies:
o/14A verloor 2 – 1 teen Nelspruit (eindig sesde)
Eerstespan verloor 5 – 2 teen Eldoraigne (eindig vierde)
Meisieshokkiespeler van die week – Selma Muller en Joharina Briers.
Die o/16B meisieshokkiespan verloor 1-0 teen Eldoraigne en het algeheel tweede geëindig uit die 16 skole. Die meisieshokkie het algeheel tweede uit die 16 skole geëindig.
Die o/15A-meisieshokkiespan wen 2-1 teen Marais Viljoen en het algeheel derde uit die 16 skole geëindig en brons medaljes verwerf.
Die o/16A-meisieshokkiespan wen 2-0 teen Transvalia en verwerf die goue medalje in die Tuks-reeks vir die derde agtereenvolgende jaar.
Agter staan Dorein van Zyl (afrigter), Kyla Marx, Jennifer Potgieter, Arina van der Goot, Moné Meyer, Uné Burger, Delané Pretorius, Ennelize Henning en Bernice Wagner.
Agter staan Monique Potgieter (hulpafrigter), Lené van Ryneveld, Adri Claassen, Antoné Weideman, Leanne Pratt, Lindi Burger en Leanie Grobler (afrigter).






