School sportSport

PHS weer bobaas

Hoërskool Pietersburg-leerders kon die skoolweek afskop met die wete dat hulle op Saterdag, 30 Mei in die jaarlikse FNB Classic Clashes teen Ben Vorster oorheers het.

POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg-leerders kon die skoolweek afskop met die wete dat hulle op Saterdag, 30 Mei in die jaarlikse FNB Classic Clashes teen Ben Vorster oorheers het.

Beide die eerste netbal- en rugbyspanne wat deel vorm van die FNB Classic Clashes-borgskap het gewen.

Alhoewel die rugbyspanne se eindtelling 48-48 was, het PHS danksy die feit dat hulle agt drieë aangeteken het en Ben Vorster slegs sewe, as wenners uit die stryd getree.

Die opwinding het reeds vroeg begin toe PHS se eerste netbalspan die voorreg gehad het om die Classic Clashes-trofee hoog te hou. Na ‘n agterstand het die spelers se verdediging en aanval gesorg dat

Ben Vorster die aftog moes blaas. Die eindtelling van hierdie stram wedstryd was 31-25.

Met die ondersteuning van meer as 600 Pieties en PHS-ouers, het die eerste rugbyspan op die veld gedraf.

PHS se spelers het nie op hulle laat wag nie en binne die eerste paar minute was hulle agter die doellyn.

Die heen-en-weer stryd wat gevolg het, het toeskouers op hulle voete gehad.

PHS het ook op die hokkieveld oorheers. Alhoewel net die rugby en netbal deel vorm van die FNB-borgskap, het al PHS se hokkiespanne uitgedraf vir die skoleliga.

Tydens die meisieshokkie-kragmetings kon Ben Vorster nie ‘n doel aanteken nie, PHS wen met ‘n oortuigende 34. Al agt PHS-spanne het terselfdertyd as ligawenners uit die stryd getree.

Die seunshokkie het gemengde welslae opgelewer. Beide die o/16-seunsspanne en seunseerstespan het as ligawenners geëindig.

Die volledige uitslae is as volg:

Rugby:

• o/14A wen 18-17.

• o/14B verloor 37-5.

• o/15A speel gelykop 17-17.

• o/15B verloor 50-3.

• o/16A verloor 15-41.

• o/16B verloor 26-14.

• Derdespan wen 38-5.

• Tweedespan wen 52-5.

• Eerstespan wen 48-48.

Meisieshokkie:

(almal ligawenners)

• o/14A wen 5-0 .

• o/14B wen 3-0.

• o/15A wen 5-0 .

• o/15B wen 2-0.

• o/16A wen 3-0 .

• o/16B wen 4-0.

• Tweedespan wen 9-0.

• Eerstespan wen 3-0.

Seunshokkie:

• o/15 verloor 0-4.

• o/16 wen 1-1 (ligawenners).

• Eerstespan wen 2-0

(ligawenners).

Netbal:

• o/14A verloor 21-22.

• o/14B verloor 21-15.

• o/15A verloor 21-22.

• o/15B wen 22-6 .

• o/16A wen 26-20 .

• o/16B wen 20-10.

• o/17A verloor 26-18.

• Tweedespan verloor 15-13.

• Eerstespan wen 31-25.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button