School sportSport

Hokkiestokke swaai byHeuwelkruin

Die o/15- meisieshokkiespan van Curro Heuwelkruin het Saterdag op hulle tuisveld in 'n Noordvaal-kampioenskap uitspeelronde met die span van St Conrad's College van Klerksdorp afgereken.

POLOKWANE – Die o/15- meisieshokkiespan van Curro Heuwelkruin het Saterdag op hulle tuisveld in ‘n Noordvaal-kampioenskap uitspeelronde met die span van St Conrad’s College van Klerksdorp afgereken.

Heuwelkruin het in die eerste helfde van die wedstryd met 1-0 voor geloop.

Dit is egter in die tweede helfde van die kragmeting dat Heuwelkruin die doelwagter van St Conrads gefnuik het om nog drie doele aan te teken.

Heuwelkruin dring deur na die volgende ronde met hul 4-0 oorwinning teen St Conrad’s College.

Heuwelkruin se punte is deur Kayla Spies, wie ‘n driekuns behaal het, aangeteken.

Spanmaat, Chantaé Horn, het die doel in die eerste helfde aangeteken.

Heuwelkruin speel Vrydag in Germiston in die halfeindronde teen die meisieshokkiespan van Hoërskool Elsburg.

MEER FOTO’S

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button