School sportSport
Spelers takel dit uit by Sewes-rugby
Die Limpopo Sewes-proewe se eerste ronde het by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé op Dinsdag, 11 Augustus plaasgevind
POLOKWANE – Die Limpopo Sewes-proewe se eerste ronde het by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé op Dinsdag, 11 Augustus plaasgevind.
Spelers van Hoërskool Frans du Toit, Hoërskool Pietersburg, Hoërskool Merensky, Hoërskool Frikkie Meyer, Hoërskool Piet Potgieter, Hoërskool Ben Viljoen en Hoërskool Hans Strijdom het teen mekaar meegeding om ‘n plek in die Limpopo Sewes-span los te speel. Tydens die volgende ronde sal die ander skole en die spelers wat tydens hierdie ronde beseer was, bygereken word.
Die volgende ronde vind plaas op 25 Augustus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




