School sportSport

Kruinies gekroon as die Limpopo Kampioene vir kleinskole

Die eerstespan is eindelik as die Limpopo Kampioene vir kleinskole gekroon.

POLOKWANE – Curro Heuwelkruin se rugbyspanne het die afgelope tyd hulle staal op die rugbyveld getoon met twee 15-talle wat die halfeindronde van die gesogte Beeldtrofee gehaal het.

Die eerstespan is eindelik as die Limpopo Kampioene vir kleinskole gekroon.

Die span het teen Stanford Lake College met 35-10 gewen. Wernich Kachelhoffer het twee drieë gedruk, terwyl Mauritz Pretorius, Jarrid Kenmuir en Stefan Nel elk een keer agter die pale gaan kuier het. Kachelhoffer was ook sekuur met die voet en het al sy skoppe pale toe oorgeskop. Hy is welverdiend as die Speler van die Wedstryd aangewys.

Met dié sege het die eerstespan na die kwarteienronde van die Beeldtrofee deurgedring waar hulle teen Koster Hoërskool in Koster gespeel en 58-17 gewen het. In die halfeindronde van die Beeldtrofee het hulle egter teen die Hoërskool Christiana vasgeval en 22-7 verloor.

Aangesien Stanford Lake College nie ‘n o/17-span gehad het nie, is Heuwelkruin se o/17-rugbyspan ook die Limpopo Kampioene vir kleinskole. In die kwarteindronde van die Beeldtrofee het die span Hoërskool Orkney met 28-10 geklop maar moes ook in die kwarteiendronde die knie buig voor Hoërskool Koster en het met 19-8 verloor.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button