School sportSport

Kruinies verdien hul hokkiekroon

Vir die eerste keer in Curro Heuwelkruin se geskiedenis is een van sy hokkiespanne as wenners van die Noordvaal Kleinskolekompetisie gekroon.

POLOKWANE – Vir die eerste keer in Curro Heuwelkruin se geskiedenis is een van sy hokkiespanne as wenners van die Noordvaal Kleinskolekompetisie gekroon.

Die o/15-meisiehokkiespan het eers verskeie skole in hul opmars gestuit voor hulle op 25 Julie in die kwarteindronde teen St.Conrad in Klerksdorp te staan gekom het.

Hulle het die astrobaan-oppervlak op hul tuisveld benut en die wedstryd oortuigend met 4-0 gewen.

Op 1 Augustus het die span in die halfeindronde teen Elspark Tegniese Skool aan die Oosrand gespeel. Nie eens die besoekers se tuisspanvoordeel kon keer nie dat die Kruinies 1-0 gewen het. Ashden Venter het die wendoel vir Heuwelkruin aangeteken.

Die eindstryd op Saterdag, 15 Augustus teen Tyger Valley van Noord-Gauteng in Vanderbijlpark het gevolg. Kayla Spies het die enigste doel vir Heuwelkruin aangeteken en die span se oorwining van 1-0 het hul status as Noordvaal-kampioene vir kleinskole bekragtig.

“Ons is trots op die meisies,” sê Eben Lingenfelder, uitvoerende hoof van Curro Heuwelkruin, trots.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button