School sportSport
Skole spook hokkiesake flink uit
Laerskole van Limpopo het hul sokkies opgetrek en mekaar onlangs die stryd aangesê in die Capricorn Hokkieliga.
POLOKWANE – Laerskole van Limpopo het hul sokkies opgetrek en mekaar onlangs die stryd aangesê in die Capricorn Hokkieliga.
Curro Heuwelkruin Laerskool se eerstemeisiehokkiespan was eerste aan die beurt teen Laerskool Louis Trichardt. Kruinies seëvier in dié wedstryd met 2-0.
Kort daarna het die seunspanne van dieselfde skole mekaar die stryd aangesê en Heuwelkruin het weer koning gekraai met hulle 1-0 oorwinning.
Vir die laaste wedstryd van die dag het die meisiespanne van Laerskool Pietersburg (Suidskool) en Heuwelkruin teen mekaar te staan gekom, en na ‘n taai wedstryd het Suidskool as die wenners met 2-0 uit die stryd getree.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!







