School sportSport

KIA Bosveldfeesfinaal sorg vir lekker skolerugby-aksie

Die Kia Bosveldfees rugby-finaal het Woensdag, 16 September op die rugbyvelde van Hoërskool Pietersburg (PHS) afgeskop.

POLOKWANE – Die Kia Bosveldfees rugby-finaal het Woensdag, 16 September op die rugbyvelde van Hoërskool Pietersburg (PHS) afgeskop.

 

Die eindtellings vir die dag was:

• Laerskool Pietersburg-Noord (Noordskool) klop Laerskool Krugerpark met 27-0 in die laerskole afdeling.

• Hoër Tegniese Skool Tom Naudé klop die Rangers-span met 64-0 in die hoërskole afdeling.

• Hoërskool Nylstroom klop Hoërskool Merensky met 29-16 in die hoërskole afdeling.

• Laerskool Pietersburg (Suidskool) klop Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) met 12-0 om die Kia kampioene te wees in die laerskole afdeling.

• Hoërskool Frikkie Meyer klop Hoërskool Frans du Toit met 45-21.

• Die Barbarian-span wen teen Hoërskool Louis Trichardt met 42-0.

• Hoërskool Pietersburg (PHS) klop Hoërskool Hans Strijdom met 75-29 om die algehele wenners van die Kia Rugbyfees te wees.

PHS het ook in 2012 en 2014 die kompetisie gewen.

 

Die volgende toekennings is gemaak:

• Hoërskool skopper van die toernooi – Morné Venter

• Hoërskool beste driedrukker en algehele speler van die toernooi – JV Coertze

• Laerskool skopper van die toernooi – Lunnghile Hlengane (Noordskool)

• Laerskool beste driedrukker en algehele speler van die toernooi – Tiaan van den Heever (Suidskool)

” ‘n Spesiale woord van dank aan Mark Vermaak, handelaarshoof van Kia Polokwane. U en u instansie maak ‘n geweldige verskil in baie seuns se lewens,” was die boodskap van PHS se skoolhoof, Willie Schoeman.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button